Warm Woorde

Warm woorde wat brand

Digkuns word geskryf

Die pen is my liefde

Die papier is jou lyf

 

‘n Vloeiende handskrif

Poësie regoor jou vel versier

My woorde is joune

Vlammende plesier

 

Jy is as myne gemerk

Ingeëts, uitgekerf

Drange word gedig

Passie word geverf

 

My ink vloei deur jou

Nakend – jou vel gevlek

Twee liggame verkeer intiem

In ‘n woordlose gesprek

written-on-the-body1

Leave a comment